# Die Congress of the People eis die instel van ‘n verkiesingstelsel wat op kiesafdelings berus om die regstreekse verhouding tussen kiesers en hul verkose verteenwoordigers te versterk. Die party het die ANC en sy bondgenote daarvan beskuldig dat hulle die land se kiesafdeling-demokrasie met lankagterstallige verkiesingshervorming saboteer. Pakes Dikgetsi van COPE sê die huidige geslote lys van proporsionele verteenwoodigmodel is outyds en beskerm lede van die Parlement teen toerekenbaarheid en versterk die ANC se greep op mag.
COPE beskuldig ANC van dwarsboming van agterstallige verkiesingshervorming