Skip to content

Contralesa waarsku inisiasieskole teen gedwonge inisiasies

# Die Kongres van Tradisionele Leiers van Suid-Afrika, Contralesa, het eienaars van inisiasieskole gewaarsku om nie jong seuns in te skryf sonder hul ouers se toestemming nie. Contralesa se president, Lameck Mokoena, sê sommige seuns word ontvoer, mishandel en na ongeregistreerde inisiasieskole geneem. Hy versoek ouers om sulke voorvalle by die polisie aan te meld en onwettige skole wat buitensporige fooie hef, te vermy. Hy beklemtoon Contralesa veroordeel die misbruik van kulturele praktyke ten sterkste en waarsku enigiemand wat die wet in die naam van tradisie oortree, sal ernstige gevolge dra.