# Die Colombiaanse president Gustavo Petro het die VSA se besluit om sy visum te herroep, afgelag en Washington beskuldig dat hy internasionale reg skend oor sy kritiek op Israel se oorlog in Gaza. Die VSA het Vrydag gesê hulle gaan Petro se visum herroep nadat hy Vrydag in New York by ‘n pro-Palestynse betoging deelgeneem het. Hy het ook Amerikaanse soldate aangespoor om president Donald Trump se bevele te verontagsaam. Petro het op sosiale media gesê hy het nie ‘n visum nodig nie, want hy is nie net ‘n Colombiaanse burger nie, maar ook ‘n Europese burger.