Skip to content

COGTA waarsku teen vals oproepe wat adjunkminister naboots [KLANK]

# Die Ministerie van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake waarsku munisipaliteite en die publiek oor aanhoudende bedrieglike oproepe deur persone wat valslik beweer dat hulle adjunkminister Namane Dickson Masemola is. ‘n Woordvoerder Musa Mkaliphi sê die swendelaars probeer om inligting te bekom of besluite onder valse voorwendsels te beïnvloed. Sy vra die publiek om oproepers deur middel van amptelike kanale te verifieer en verdagte aktiwiteite aan te meld. Sy sê om ‘n openbare ampsdraer na te maak is ‘n ernstige oortreding:

ENG MkaliphiOnImpersonating