# City Power sê veiligheidsmaatreëls word by mini-substasies in Johannesburg verskerp weens die toenemende gevalle van diefstal en opsetlike beskadiging. In die vorige boekjaar is 127 mini-substasies in die metro verniel of toerusting is gesteel. Die instelling het meer as 100-miljoen-rand bestee om dit te herstel. City Power se woordvoerder, Isaac Mangena, sê as deel van die sekerheidstrategie word reaksievoertuie daagliks ontplooi om die substasiepersele te patrolleer. Hy sê diefstalsindikate bly egter ʼn probleem.
City Power verhoog veiligheidsmaatreëls by mini-substasies in Johannesburg