# City Power sê Johannesburg se Nooddienste het die brand in die ondergrondse tonnels in Braamfontein geblus en spanne sal vandag toestemming kry om die terrein te besoek. Tegnici het reeds ongeveer 17-persent van die kliënte in Braamfontein, Parktown-Wes, die Newtown-aansluiting, De Korte-Noord, Smith-Wes en die omliggende gebiede se krag herstel. City Power vra inwoners om geduldig te bly terwyl hulle die probleem oplos.
City Power herstel 17% van kliënte se krag na brand in ondergrondse tonnel in Braamfontein