# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christelike Forum versoek die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, om die werk van die Parlement se Ampsklag-komitee met algehele deursigtigheid te bemiddel. Die Forum se leier, Marothi Mashashane, sê die Konstitusionele Hof se uitspraak oor die Phala Phala-saak het die weg gebaan vir die herlewing van ampsklag-ondersoeke. Hy sê die Hof se bevinding dat die vorige optrede ongrondwetlik en ongeldig was, is ‘n herinnering die meerderheid moet nooit as ‘n dekmantel vir geheimhouding gebruik word nie.
Christelike Forum vra speaker van Nasionale Vergadering om Ampsklag-komitee se werk te bemiddel