# China pleit dat lande in die Midde-Ooste, veral Israel, gevegte staak ná hernude oor-en-weer-aanvalle tussen die land en Iran. China het op ‘n vraag oor die Amerikaanse president, Donald Trump, se waarskuwing dat hy Amerikaanse militêre optrede in die konflik oorweeg, gesê hy is nie ten gunste van geweld nie. Guo Jiakun van die Chinese ministerie van Buitelandse Sake sê Beijing is gekant teen enige optrede wat ander lande se soewereiniteit, veiligheid en integriteit skend, en ook teen die gebruik of dreigemente van geweld in internasionale betrekkinge.
China vra lande in die Midde-Ooste, veral Israel, om gevegte te staak