Skip to content

China veroordeel die vaart van Amerikaanse en Britse oorlogskepe deur die Straat van Taiwan

# China se weermag het die vaart van Amerikaanse en Britse oorlogskepe gister deur die sensitiewe Taiwanstraat veroordeel en gesê hulle het die vloot- en lugmag beveel het om die twee skepe te monitor en te waarsku. Hulle sê die twee skepe was besig om moeilikheid te maak en uit te lok. Brittanje se ministerie van Verdediging het gesê dit was ‘n roetine vaart in volle ooreenstemming met internasionale reg en norme. China, wat Taiwan as sy eie gebied beskou, sê die strategiese waterweg is deel van sy territoriale gebied en het die afgelope vyf jaar sy militêre druk op die eiland verhoog.