Skip to content

China sê die Amerikaanse blokkade is gevaarlik en onverantwoordelik

# China se ministerie van Buitelandse Sake sê Amerika se verskerpte militêre ontplooiing en geteikende blokkering van Iran-verwante skepe wat deur die Straat van Hormoes beweeg, is gevaarlik en onverantwoordelik. Ses handelsvaartuie moes gister terugkeer na Iranse hawens nadat hulle die Amerikaanse vlootblokkade bereik het wat beweging deur die seestraat beperk. Die ministerie sê die huidige skietstilstand is hoogs kwesbaar en die situasie in die streek is in ʼn kritiese fase. Hy sê slegs ʼn volledige skietstilstand kan die toestande skep om die situasie te verbeter.