Skip to content

China kritiseer Rubio se kommentaar oor Tiananmen-plein-slagting in 1989

# China beskou die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, se opmerkings dat die wêreld nooit die Tiananmen-plein-slagting in 1989 sal vergeet nie, as ‘n opsetlike aanval op China. Die woordvoerder, Lin Jian, sê Rubio se stellings verdraai die geskiedkundige feite op ‘n wraaksugtige manier, val doelbewus China se politieke stelsel en pad na ontwikkeling aan, en meng in met China se interne sake. Hy sê China het protes by die VSA aangeteken.