# China se hoofaanklaer het ‘n seldsame erkenning uitgereik dat marteling en onwettige aanhouding wel in die land se regstelsel gebeur, en belowe om onwettige praktyke deur wetstoepassers te beëindig. China se ondeursigtige regstelsel word al lankal gekritiseer met beskuldigdes wat verdwyn, die teiken van andersdenkendes en die verkryging van skulderkennings deur marteling. President Xi Jinping het belowe om korrupsie te verminder en deursigtigheid te verbeter. ‘n Nuwe ondersoekdepartement teiken wetstoepassers wat die regte van burgers inperk deur onwettige aanhouding, onwettige deursoekings, en die verkryging van skulderkennings deur marteling.
China doen seldsame erkenning dat marteling en onwettige aanhouding wel plaasvind