Skip to content

Charlie Kirk se gedenkdiens sal in Arizona-stadion gehou word

# ‘n Gedenkdiens sal Sondag in Arizona gehou word vir die vermoorde regse aktivis Charlie Kirk, in ‘n stadion met sitplek vir meer as 60-duisend mense. Die 31-jarige Kirk is Woensdag in Utah doodgeskiet, waarna sy vermeende moordenaar, Tyler Robinson, homself aan die polisie oorgegee het. Die hoofkantoor van Kirk se organisasie, Turning Point USA, is in Arizona waar hy en sy gesin gewoon het. Hy was ‘n omstrede figuur in Amerikaanse politieke sirkels. President Donald Trump gaan postuum ‘n presidensiële vryheidsmedalje aan hom toeken.