# Die Raadgewende Ingenieursraad van Suid-Afrika sê tegniese vaardighede moet voorkeur geniet met die instelling van die Nasionale Wateraksieplan. Uitvoerende hoof Chris Campbell sê infrastruktuurbelegging en hervormings sal misluk sonder gekwalifiseerde ingenieurs, tegnici en prosesbeheerders om waterstelsels te bedryf en in stand te hou. Hy sê die afname in munisipale tegniese kundigheid het bygedra tot die verslegting van Bloudruppel- en Groendruppel–graderings. Die raad vra volgehoue, praktiese vaardigheidsontwikkeling om te verseker dat waterinfrastruktuur in die langtermyn funksioneel en doeltreffend bly.
CESA vra tegniese vaardighede om nasionale waterplan aan te dryf