Skip to content

Cele veroordeel ontbinding van taakspan vir politieke moorde [KLANK]

# Die voormalige minister van Polisie, Bheki Cele het die ontbinding van die Taakspan vir Politieke Moorde as ‘n groot terugslag beskryf. Cele het aan die Parlement se ad hoc-komitee gesê hy het van die besluit gehoor deur ‘n brief van die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu. Cele het ook sy skok uitgespreek nadat die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, die geskorste adjunk- nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, ‘n misdadiger genoem het. Hy het intussen ook gesê sommige besluite oor geheime operasies is nie onder ministeriële beheer nie:

ENG-CeleOnPKTT