# AfriForum het die regskenner Martin van Staden aangestel as die hoof van sy pasgestigte Instituut vir Federalisme. Die instituut sal fokus op navorsing en beleidsontwikkeling rondom federalisme, selfbeskikking, desentralisasie en gemeenskapsoutonomie. Van Staden, wat voorheen die hoof was van beleid by die Vryemarkstigting, sal steeds daar ’n senior adviserende rol beklee. AfriForum se adjunk-uitvoerende […]
# Business Leadership South Africa vra kiesers om beter dienslewering te eis in die munisipale verkiesing. Die organisasie sê munisipaliteite moet aanspreeklik gehou word vir basiese dienslewering, die instandhouding van infrastruktuur en die verantwoordelike bestuur van openbare geld. Die organisasie verwelkom die nuwe plaaslike regeringsbeleid wat wegbeweeg van ‘n eenvormige benadering tot munisipaliteite. Die uitvoerende […]
# Statistiek Suid-Afrika sê likwidasies van ondernemings het in September met 12,3-persent van 285 tot 250 gedaal vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Ondernemingslikwidasies het met 27 gevalle afgeneem, terwyl likwidasies van beslote korporasies met agt gedaal het. Onica Mushwana van Statistiek Suid-Afrika sê die syfers toon ook ‘n daling van 17-persent in likwidasies tussen […]
# Die Absa-aankopebestuurdersindeks het vir die tweede agtereenvolgende maand verbeter en in Oktober tot op 49,6 punte gestyg, vanaf ‘n hersiene 48,7 punte in September. Die vervaardigingsektor bly egter onder druk, met sakebedrywighede en nuwe bestellings steeds onder die 50-punt-kerf. Werkskepping bly swak terwyl stygende brandstofkoste en ‘n swakker rand vervaardigers se aankoopkoste opjaag. Die […]
# Die Interministeriële Komitee oor Migrasie en verskeie burgerlike organisasies vra kiesers om toe te sien die munisipale verkiesing verloop vreedsaam en ordelik. Dit volg ná ‘n vergadering met gemeenskapsgroepe, insluitend Hlangana Mzansi en Bhinca Nation, gelei deur die mediapersoonlikheid Ngizwe Mchunu. Misdaad, onwettige migrasie, onwettige vuurwapens en leemtes in wetstoepassing is bespreek. Die adjunk-regeringswoordvoerder, […]
# Die Verkiesingskommissie het die dood bevestig van ‘n verkiesingsbeampte op die eerste dag van die spesiale stemming in Noordwes. Die beampte het aan diens inmekaar gesak. Nog ‘n beampte is in KwaZulu-Natal beseer toe ‘n motor hom getref het en hy is in die hospitaal. Die OVK het sy medelye met die oorlede beampte […]
# President Cyril Ramaphosa het die Premier Sokkerliga geprys vir sy bydrae tot Suid-Afrikaanse sokker en dit beskryf as die bes georganiseerde liga op die vasteland. Tydens ‘n besoek aan die PSL-hoofkantoor in Johannesburg vandag, het Ramaphosa gesê sokker is steeds die sportsoort wat met 77-persent die meeste ondersteuning in die land geniet, en dit […]
# The Technical Inter-Ministerial Committee on Migration and various civic formations are calling for peaceful and smooth local government elections. The call follows a meeting with community groups, including Hlangana Mzansi and Bhinca Nation, led by media personality Ngizwe Mchunu, to discuss crime, irregular migration, illegal firearms and gaps in law enforcement. Government deputy spokesperson […]
# Die Hooggeregshof in Pretoria het gelas die voormalige bedryfshoof van Bosasa, Angelo Agrizzi, moet meer as 1,6-miljard-rand aan die staat terugbetaal in verband met onwettige voordele weens Bosasa se korrupte bedrywighede. Agrizzi is verlede jaar skuldig bevind op drie aanklagte van korrupsie en een van geldwassery vir sy rol in ‘n korrupsienetwerk wat regeringskontrakte […]