# Union federation Cosatu has criticised the South African Reserve Bank’s decision to raise the repo rate by 25-basis points to seven-percent. The federation argues the move will increase debt costs and deepen pressure on workers and households already struggling with the high cost of living. Cosatu’s Matthew Parks calls for an end to further […]
# Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê ʼn reuse-dwelmklopjag by die Beitbrug-grenspos in Limpopo is een van die betekenisvolste suksesse teen oorgrens-dwelmsmokkelary die afgelope jare. ʼn Vragmotor van Zimbabwe is gister onderskep met dwelms ter waarde van byna een-miljard-rand wat vermoedelik vir die vervaardiging van Mandrax gebruik word. Schreiber sê die operasie bewys […]
# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sê hy bly gefokus op die beskerming van inflasie-geloofwaardigheid te midde van voortslepende wêreldwye en plaaslike onsekerheid. President Lesetja Kganyago waarsku stygende oliepryse, geopolitieke spanning en klimaat-verwante skokke laat inflasie styg en ekonomiese groei verswak. Hy sê die bank se prioriteit is om inflasie-verwagtings te anker en mettertyd weer op sy […]
# Section27 en die Treatment Action Campaign se nuwe verslag sê vroue in die Oos-Kaap en Limpopo ervaar ernstige hindernisse om toegang tot veilige en wettige aborsiedienste te kry. Die verslag beklemtoon tekorte aan opgeleide gesondheidswerkers, beperkte operasionele fasiliteite, medisynetekorte, swak infrastruktuur en swak verwysingstelsels, veral in landelike gebiede. Die organisasies beweer hierdie mislukkings vertraag […]
# Build One South Africa sê die rentekoersverhoging van sewe persent sal die lewe moeiliker maak vir huishoudings en besighede wat reeds onder finansiële druk is. Die party voer aan die verhoging van 25 basispunte sal skuldterugbetalings verhoog terwyl baie mense reeds sukkel om deur die maand te kom. Roger Solomons van BOSA sê die […]
# Die vakbondfederasie Cosatu het die Suid-Afrikaanse Reserwebank se besluit om die terugkoopkoers met 25 basispunte tot sewe-persent te verhoog, gekritiseer. Die federasie voer aan die stap sal skuldkoste verhoog en die druk sal vererger op werkers en huishoudings wat reeds sukkel met die hoë lewenskoste. Matthew Parks van Cosatu vra ‘n einde aan verdere […]
# ʼn Nuwe studie van Suid-Afrikaanse sorghum-bio-etanol het goeie handelspotensiaal gevind vir die vervaardiging van bio-etanol deur gewasse soos sorghum en suikerriet te gebruik. Boere en leiers in die bedryf het by ʼn byeenkoms in Sandton gesê ʼn duidelike aanvraag, bestendige pryse en regeringsondersteuning is nodig voor grootskaalse gewasaanplanting kan begin. Die studie in opdrag […]
# Action Society sê openbare veiligheid en slagoffers se regte moet voorkeur geniet bo administratiewe prosesse. Dit volg na aanleiding van berigte dat byna 28 duisend parool-voortvlugtiges nie opgespoor kan word nie. Die organisasie sê dit verteenwoordig ‘n ernstige mislukking in die paroolstelsel en plaas gemeenskappe in gevaar, veral waar gewelddadige oortreders betrokke is. Woordvoerder […]
# ʼn Ekonoom aan die Noordwes-universiteit se Sakeskool, Raymond Parsons, sê die Suid-Afrikaanse Reserwebank se besluit om die terugkoopkoers met 25 basispunte tot sewe-persent te verhoog, is ʼn voorsorgmaatreël teen toekomstige inflasie. Hy sê egter daar is steeds beperkte bewys van sterker inflasie-verwagting en die verhoging se tydsberekening is debatteerbaar gegewe die swak groeivooruitsig. Parsons […]