# Die minister van Landbou, John Steenhuisen, het ‘n beroep gedoen vir sterker streeksamewerking om voedselsekerheid en landbouveerkragtigheid in Suider-Afrika te verbeter. Steenhuisen het tydens ‘n SAOG-ministersvergadering in Victoria-waterval, Zimbabwe, gewaarsku 58-miljoen mense in die streek staar steeds ongekende voedselonsekerheid in die gesig ondanks beter oeste. Die vergadering het gefokus op die bevordering van landbouproduksie, […]
# Tourism minister Patricia de Lille has described Kruger National Park as an iconic world heritage site and one of South Africa’s most important tourism assets. Speaking during the park’s 100-years celebrations at Skukuza Rest Camp in Mpumalanga, de Lille praised Kruger’s contribution to conservation, biodiversity protection and economic development. She said the park continues […]
# South Africa’s world-renowned Kruger National Park in Mpumalanga is celebrating its 100th anniversary today, marking a century of wildlife conservation and biodiversity protection. Established on May 31, 1926, through the National Parks Act, the park has grown into one of Africa’s leading ecotourism destinations, attracting approximately two million visitors annually. Celebrations include conservation events […]
# Die DA het sy 2026-kiesersregistrasieveldtog in Tshwane vandag van stapel gestuur voor die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November. Die veldtog sluit die “BackBrink“-projek in wat ten doel het om sy burgemeesterskandidaat, Cilliers Brink, weer as burgemeester aan te stel. Die party sê sy prioriteite sluit in, om munisipaliteite reg te ruk, dienslewering te verbeter […]
# President Cyril Ramaphosa het sy waardering uitgespreek nadat hy die Madlanga-kommissie se tweede tussentydse verslag ontvang het. Die kommissie, onder voorsitterskap van die afgetrede Konstitusionele Hofregter Mbuyiseli Madlanga, is in Julie 2025 gestig om ondersoek in te stel na korrupsie en inmenging binne die strafregstelsel. Die Presidensie se woordvoerder Vincent Magwenya sê die president […]
# Suid-Afrika het 376 agtereenvolgende dae sonder beurtkrag bereik en verwag geen kragonderbrekings in die winter nie. Eskom het bevestig die aanleg se prestasie en betroubaarheid verbeter steeds namate die kragstelsel bestendig bly te midde van toenemende winter-aanvraag. Die kragvoorsiener het ‘n Energiebeskikbaarheidsfaktor van 62,59-persent aangemeld, teenoor 57,43-persent ‘n jaar gelede, met onbeplande onderbrekings wat […]
# Die ANC-vroueliga se Spesiale Nasionale Uitvoerende Komitee hou vandag ‘n dringende vergadering in Ekurhuleni, Gauteng, oor die leierskapstoekoms. Die vergadering volg nadat die voormalige president, Sisisi Tolashe, bedank het as ANC-Parlementslid en die liga se president weens toenemende bewerings, insluitend oor voertuie wat geskenk is vir amptelike ANC-vroueliga-bedrywighede wat toe gebruik is ten bate […]
# KwaZulu-Natalse polisie het ‘n nasionale ampsdraer van die All Truck Drivers Forum South Africa in hegtenis geneem vir beweerde aanhitsing van geweld langs die N3 Suid naby Bergville. Polisiewoordvoerder Robert Netshiunda sê beamptes het op ‘n groep afgekom wat vragmotors voorgekeer het. Die verdagtes het na nabygeleë bosse gevlug en ‘n voertuig met ‘n […]
# Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het veterane van die party gemaan om op te hou om die organisasie openlik te kritiseer. Dit volg op kritiek deur oud-president Thabo Mbeki. Hy het die ANC se standpunt oor die Konstitusionele Hof-uitspraak oor Parlement se hantering van die Phala Phala-saak, wat president Cyril Ramaphosa betrek, bevraagteken. […]