# Die DA gaan sy manifes vir die plaaslike regeringverkiesing op 8 Augustus in Johannesburg bekendstel. Die party sê die stad is gekies omdat hulle glo Johannesburg is vervalle gelaat as gevolg van swak bestuur, en kiesers kry die geleentheid om dit op 4 November by die stembus te verander. Woordvoerder Werner Horn sê party-leier […]
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die Departement van Water en Sanitasie het bevestig die meeste huishoudings wat boorgatwater vir normale huishoudelike doeleindes gebruik, hoef nie te registreer onder die nasionale watergebruikregistrasieproses nie. Die verduideliking volg na verwarring oor die Departement se onlangse registrasieveldtog. Julius Kleynhans van OUTA sê die besluit gee gemoedsrus aan huishoudings […]
# Die Vrystaatse Regterpresident Cagney Musi sê om siekteverlof aan ‘n regter toe te staan is ‘n gewone administratiewe arbeidsreg. Hy het voor die Regterlike Gedragstribunaal in Johannesburg getuig wat ondersoek of Regter Lepono Joshua Lekale medies geskik is om sy amp te beklee. Dit is die eerste tribunaal wat ‘n regter se beweerde mediese […]
# Die Hooggeregshof in Johannesburg het opdrag gegee dat die verdedigingsadvokaat Nardus Grove, wat beskuldigde nommer twee, Tiego Floyd Mabusela, verteenwoordig in die Vusimuzi Matlala-saak, nie stilfoto’s mag gebruik in die staatsgetuie Bethwell Cele se kruisondervraging nie. Die voormalige veiligheidswag getuig in die saak oor die beweerde poging tot moord op die taxibaas Joe Sibanyoni […]
# Die Verenging van Staatsamptenare verwelkom die inhegtenisneming van verskeie verdagtes, insluitend senior wetstoepassingsbeamptes, in verband met ‘n rooftog van edelstene ter waarde van 15-miljoen-rand. Claude Naicker van die vakbond sê die deurbraak beklemtoon die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat se rol in die bekamping van korrupsie. Naicker het gevra grondwetlike onafhanklikheid vir OPOD en het Nasionale Tesourie […]
# Build One South Africa het die besluit deur die minister van Finansies, Enoch Godongwana verwelkom om die verwydering van die direksie van die Openbare Beleggingskorporasie te oorweeg. Die leier van BOSA, Mmusi Maimane, sê die stap erken diepgaande bestuursmislukkings by die instelling. Graham Charters van die party vra ‘n onafhanklike tussentydse raad, ‘n forensiese […]
# Die hoof van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, Andrea Johnson, het aan die Madlanga-kommissie gesê die direktoraat het ‘n Artikel 27-beëdigde verklaring van parlementslid Fadiel Adams aangevra en ontvang. Johnson sê dit was nadat ‘n verwysingsbrief van die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu, se kantoor ontvang het. Johnson het aan die voorsitter van die […]
# Standard Bank verwag die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee gaan môre ‘n verdere rentekoersverhoging oorweeg. Inflasie het in Junie tot vyf-persent gestyg vanaf 4,5-persent in Mei, hoofsaaklik aangedryf deur hoër brandstofpryse en openbare vervoerkoste. Dit beteken inflasie bly ver bo die Reserwebank se teiken van drie-persent. Elna Moolman van die bank sê enige verdere […]
# The head of the Investigating Directorate Against Corruption, Andrea Johnson, has told the Madlanga Commission the directorate obtained a Section 27 affidavit from Member of Parliament Fadiel Adams through solicitation. Johnson said this was after receiving a referral letter from suspended Police minister Senzo Mchunu’s office. Responding to the chairperson of the commission, Mbuyiseli […]