# Die onafhanklike verkiesingsontleder Michael Atkins sê verkiesingsreëls moet duideliker wees, na die Konstitusionele Hof se uitspraak wat 181 ANC-kandidate toelaat om aan die plaaslike regeringsverkiesing van 4 November deel te neem. Die hof het die Verkiesingskommissie beveel om die kandidate in ses munisipaliteite op die stembrief in te sluit. Atkins sê die uitspraak beklemtoon […]
# Build One South Africa doen ‘n beroep op die regering om sy bestedingsprioriteite te verander ten einde die lewenskoste te help verlig. Die party vra in aanloop tot die mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring volgende week, dat meer geld bestee word aan die herstel van waterinfrastruktuur, werkskepping, die verbetering van polisiëring en om munisipaliteite tot verantwoording te roep. […]
# Die Verkiesingskommissie sê hy sal die Konstitusionele Hof se uitspraak implementeer, oor die ANC se 181 uitgeslote kandidate vir die plaaslike regeringsverkiesing van 4 November. Die uitspraak volg na ‘n regsgeding deur die ANC oor die indiening van sy lys. Die uitvoerende hoof van die kommissie, Sy Mamabolo, sê hulle sal meer besonderhede verskaf […]
# Die adjunkpresident Paul Mashatile sê Limpopo moet sy strategiese ligging benut om streekshandel uit te brei en voordeel te trek uit geleenthede binne die Afrika-kontinentale Vryhandelsgebied. Mashatile het aan afgevaardigdes by die 6de Limpopo-beleggingskonferensie gesê handel moet plaaslike produksie ondersteun, nywerhede versterk en volhoubare werksgeleenthede skep. Hy sê belegging in betroubare elektrisiteit, water, vervoer, […]
# Die Limpopo-provinsie beoog om beleggingsverbintenisse in werklike ekonomiese groei, nuwe ondernemings en werksgeleenthede te omskep. Adjunkpresident Paul Mashatile het tydens die sesde Limpopo-beleggingskonferensie beklemtoon die fokus is om beleggings te lok wat gemeenskappe bevoordeel, plaaslike ondernemings ondersteun en geleenthede vir inwoners skep. Hy het aangedring op vinniger optrede om beloftes in resultate te omskep […]
# Die adjunkpresident Paul Mashatile sê beleggingsbeloftes wat deur die Limpopo-beleggingskonferensie verkry is, het 452-miljard-rand oorskry, met meer as 71-miljard-rand wat reeds belê is. Tydens die 6de beleggingskonferensie het Mashatile gesê hierdie beleggings het gehelp om byna 24-duisend werksgeleenthede te skep. Mashatile sê Limpopo is goed geposisioneer vir verdere groei, en het mynbou, mineraalverwerking, landbou, […]
# Deputy President Paul Mashatile says Limpopo must use its strategic location to expand regional trade and benefit from opportunities under the African Continental Free Trade Area. Addressing delegates at the 6th Limpopo Investment Conference, Mashatile said trade must support local production, strengthen industries and create sustainable jobs. He says investment in reliable electricity, water, […]
# Die voormalige adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, bly in aanhouding nadat die Landdroshof in Randburg, Gauteng, uitspraak oor sy borgtogaansoek tot Dinsdag uitgestel het. Landdros Hlengiwe Mkhabisi sê sy benodig meer tyd om die dokumente te oorweeg wat tydens die uitgebreide verrigtinge voorgelê is. Sibiya se regspan vra borgtog van 20-duisend-rand, terwyl die staat aanvoer […]
# The Electoral Commission says it will implement the Constitutional Court’s ruling on the ANC’s 181 excluded candidates for the 4 November local government elections. The ruling followed a legal challenge by the ANC over the submission of its list. IEC CEO Sy Mamabolo says the commission will provide more details on how the ruling […]