# Die DA sê die Emfuleni munisipale vlootskandaal het die munisipaliteit moontlik 35-miljoen-rand gekos, wat meer as dubbel die aanvanklike 16-miljoen-rand is. Volgens die party toon amptelike dokumente hierdie bedrag is in 2023 vir die vloot betaal. Kingsol Chabalala van die DA sê inwoners verdien om te weet waarheen die geld en voertuie gegaan het […]
# City Power het op sowat 180-kilogram kabels en drie elektrisiteitspale ter waarde van ongeveer 200-duisend-rand beslag gelê tydens ‘n operasie teen onwettige verbindings in Alexandra. Die operasie, wat saam met die polisie en die Johannesburgse Metropolisie uitgevoer is, het gefokus op gevaarlike verbindings langs Londonweg en die Greenville-informele nedersetting. Die woordvoerder van City Power, […]
# Die DA sê die Gautengse Gesondheid Department het ‘n leierskap- en personeelkrisis wat pasiëntesorg benadeel. Die party voer aan verskeie senior poste word in ‘n waarnemende hoedanigheid gevul, terwyl die Charlotte Maxeke Johannesburg Akademiese Hospitaal meer as 200 befondsde vakante poste het. Madeleine Hicklin van die DA sê personeeltekorte veroorsaak langer wagtye en vertragings […]
# Die Stad Ekurhuleni het inwoners gewaarsku om versigtig te wees vir ‘n sosiale media-bedrogspul wat aanbied om HOP-behuisingsaansoeke te bespoedig. Die Stad sê bedrieërs vra vir stammagtigingsbriewe, persoonlike inligting en, in sommige gevalle, geld om huise te bekom. Zweli Dlamini van die stad sê wettige regeringsbehuisingsdienste vereis nie betalings aan middelmanne nie. Dlamini het […]
# Die staat het die Landdroshof in Brakpan meegedeel ‘n voormalige lid van die polisie se Spesiale Taakmag, Matipandile Sotheni, was in besit van ‘n selfoon terwyl hy in aanhouding was. Die aanklaer, Trott Mphahlele, sê die selfoon is ontdek toe die tronk op 2 September deursoek is en is na bewering gebruik om met […]
# Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan Meyer, het EOT Solutions se nuwe gevorderde vervaardigingsaanleg van 30-miljoen-rand by Freeport Saldanha in die Wes-Kaap geopen. Die fasiliteit ondersteun ongeveer 15 direkte werksgeleenthede en stel wêreldklas-metaalverwerkingstegnologie bekend, insluitend een van Suid-Afrika se grootste vesellaserstraalsnymasjiene. Meyer sê die belegging ondersteun die provinsie se Groei […]
# Die sakeman Stuart Scharnick is borgtog van vyf-duisend-rand deur die Randburg-Landdroshof toegestaan op vuurwapenverwante aanklagte. Dit sluit in onbehoorlike vuurwapenberging en die toestaan van ongemagtigde toegang tot ‘n wapen. Die hof het beslis die staat het nie voldoende feite verskaf om sy voortgesette aanhouding te regverdig nie. Scharnick moet sy paspoort inhandig, adresveranderings aanmeld […]
# Die Messteekslagoffer Tshepang Nyathi is in Refilwe, oos van Pretoria, ter ruste gelê na sy moord tydens lentedagvieringe. Polisie sê Nyathi is na bewering met ‘n mes doodgesteek na ‘n woordewisseling waar daar water gespat is. ‘n Drie-en-vyftigjarige man is in hegtenis geneem en van moord aangekla nadat gemeenskapslede hom aangehou en aan die […]
# ActionSA sê inwoners van Ekurhuleni moet weet die ANC het nie belang gestel om self dienste te lewer nie en in 2022 teen ‘n voorstel gestem om sekere uitgekontrakteerde dienste weer onder munisipale beheer te sit. Tumelo Tshabalala van ActionSA sê die burgemeester, Nkosindiphile Xhakaza, het in Maart aangekondig 593 skoonmaak- en veiligheidsposte word […]