# Volgens ‘n studie deur die Universiteit van Kaapstad is beduidende uitstortingvermindering sonder ‘n skielike onderbrekings by Sasol se Secunda-steenkool-tot-vloeistofkompleks in Mpumalanga moontlik. Die studie toon dat hernubare energie en verbeterde doeltreffendheid uitstorting teen 2030 met ongeveer 26-persent kan verminder, terwyl dieper verminderings deur groen waterstof, elektrifisering en koolstofopvang veroorsaak kan word. Die universiteit sê […]
# Die Hooggeregshof in Johannesburg het ’n finale uitstel tot 18 September toegestaan aan Victor Majola, die vermeende meesterbrein agter die huurmoord opWarrick “DJ Warras” Stock. Majola se prokureur, Piet Du Plessis, het aan die hof gesê sy firma is nie ten volle befonds om Majola te verteenwoordig nie. Hy het gesê Regshulp Suid-Afrika sal […]
# Die DA sê die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se skuld plaas plaaslike ondernemings onder finansiële druk, met sommige wat ernstige probleme ondervind omdat hulle nie betyds vir gelewerde dienste betaal word nie. Volgens die party skuld die munisipaliteit meer as elf-miljard-rand aan krediteure, insluitend miljarde wat aan Eskom en Rand Water verskuldig is. Kingsol Chabalala […]
# Die Stad Kaapstad sê watervoorraad bly bestendig, maar die risiko van waterbeperkings het toegeneem weens stygende aanvraag en onsekere reënval. Damvlakke was vroeg in Julie ongeveer 76-persent na goeie reën, maar voorspellings dui op ondergemiddelde reënval. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê die stad belê in nuwe waterbronne, insluitend grondwater, die […]
# Die Departement van Binnelandse Sake sê die “Tuis”-visie brei steeds uit terwyl hulle voorberei om binnekort amptelik ‘n nuwe kantoor vir Binnelandse Sake by die Kaapstadse Burgersentrum te open. Die fasiliteit bring dienste nader aan inwoners, in lyn met die departement se “Tuis”-visie vir Binnelandse Sake. Die Departement sê die sentraal-geleë kantoor sal gerieflike […]
# Die DA waarsku pasiënte wat noodbehandeling in die Helen Joseph Akademiese Hospitaal moet ontvang, kan in gevaar wees nadat hulel aangeraai is om behandeling by ander hospitale te ontvang. Volgens ‘n kennisgewing deur die hoof van die hospitaal se trauma-eenheid, Patricia Saffy, sal die noodafdeling die res van Augustus gesluit bly. Dit volg nadat […]
# Die menslike voorvaderlike oorskot van 84 Namibiërs sal vandag na hul land gerepatrieer word, insluitend twee voormalige politieke gevangenes wat op Robbeneiland aangehou is. Simon Petrus Niilenge en Festus Nehale is in ballingskap dood en in Kaapstadse begraafplase ter ruste gelê. Die Departement van Sport, Kuns en Kultuur, in vennootskap met die Iziko Museums […]
# Die energiereguleerder Nersa het ‘n spesiale elektrisiteitsprysooreenkoms van twee-jaar tussen Eskom en die Mangaanse Metaalmaatskappy in Mbombela, Mpumalanga, goedgekeur. Die ooreenkoms, wat strek tot Julie 2028, bied die onderneming ‘n spesiale basis-elektrisiteitstarief. Charles Hlebela van Nersa sê Eskom sal gereeld aan die reguleerder moet verslag doen oor die koste van die ooreenkoms, die onderneming […]
# Die Stad Kaapstad sê politieke partye mag nou verkiesingsplakkate en baniere vertoon, 11 weke voor die plaaslike regeringsverkiesing. Partye mag een verkiesingsplakkaat en een plakkaat vir ‘n spesifieke geleentheid op elke lamppaal aanbring. Die plakkate moet op borde gemonteer wees en mag nie groter as 0,9- by 0,6-meter wees nie. Draaiende baniere mag net […]