# Die vakbond Giwusa sê die vervaardigingsektor ondervind ‘n ernstige afname nadat produksie in Augustus met 4,3-persent gedaal het. Die vakbond dring aan op ‘n ingrypende verandering in ekonomiese beleid, insluitend groter openbare belegging in vervaardiging en maatreëls om werkers teen afleggings en werkverliese te beskerm. Die president van Giwusa, Mametlwe Sebei, sê die afname […]
# Statistiek Suid-Afrika sê vervaardigingsproduksie het in Augustus met 4,3-persent gedaal vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Die grootste dalings was in motorvoertuie, chemikalieë, hout en papier, en voedsel en drank. Produksie het ook sedert Julie met 3,1-persent gedaal. Verkope in die vervaardigingsektor het egter in Augustus met 1,1-persent toegeneem en met 1,4-persent gestyg oor […]
# President Cyril Ramaphosa doen ‘n beroep op die uitbreiding van gemengde finansiering om meer opkomende boere te help om hul ondernemings te laat groei. In sy toespraakby Redlands-suiwelplaas in Stutterheim, Oos-Kaap, het Ramaphosa gesê die Landbank se skema wat staatstoelaes met lenings kombineer kan meer bekostigbare finansiering bied en boere help om van kleinskaalse […]
# President Cyril Ramaphosa is calling for the expansion of blended finance to help more emerging farmers grow their businesses. In his keynote address at Redlands Dairy Farm in Stutterheim in the Eastern Cape, Ramaphosa said the Land Bank’s scheme, which combines government grants with loans, can provide more affordable finance and help farmers move […]
# Die aanlyn verblyfplatform LekkeSlaap is aan ‘n beleggersgroep verkoop wat Investec en die privaat beleggingskantore van FirstRand se medestigters, GT Ferreira en Laurie Dippenaar, insluit. News24 berig die transaksie is vir ‘n onbekende bedrag beklink. Die medestigters, Jonathan Womersley en Marcel van de Ghinste, tree uit, terwyl uitvoerende hoof Frans Joubert en die bestaande […]
# Online accommodation platform LekkeSlaap has been sold to a consortium that includes Investec and the family offices of FirstRand co-founders GT Ferreira and Laurie Dippenaar. News24 reports, the deal is for an undisclosed amount, with co-founders Jonathan Womersley and Marcel van de Ghinste exiting, while CEO Frans Joubert and the existing management team will […]
# Die mynbousektor in Suid-Afrika vra sterker vennootskappe tussen sake-ondernemings en die regering om munisipale dienste te verbeter en bekwame plaaslike administrasies te vestig. Kenners het op die Johannesburgse Indaba 2026 gewaarsku vaardigheidstekorte, korrupsie en politieke onbestendigheid ondermyn munisipaliteite. Sakeleiers sê mynondernemings moet munisipaliteite ondersteun sonder om plaasvervangers vir die Staat te word. Hul vra […]
# Exporters Western Cape vra dringende ingryping op hoë vlak om Suid-Afrika se betrekkinge met Amerika te bestendig en waarsku verdere verswakking kan gevestigde uitvoerondernemings in gevaar stel. Voorsitter Terry Gale sê toenemende openbare meningsverskille tussen die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking en die Amerikaanse ambassadeur, Leo Brent Bozell, skep verdere onsekerheid vir uitvoerders. […]
# Die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging vra die minister van Finansies, Enoch Godongwana, om die suikerbelasting te skrap in sy middeltermyn-begrotingsbeleid op 21 Oktober. Die vereniging sê die heffing bedreig die suikerwaardeketting met suikerrietaflewerings wat dié seisoen met 18-persent gedaal het. Hy sê kwekers het ook te doen met buitelandse suiker-invoere en onsekerheid rondom die suikerreus Tongaat […]