# Die vakbond Solidariteit sê Suid-Afrikaanse Lugdiens en sy tegniese afdeling, Suid-Afrikaanse Lugdiens Tegnies, het weereens versuim om salarisse betyds te betaal. Die vakbond het ook kommer uitgespreek oor onbetaalde oortyd en ander toelaes by SAAT. Derek Mans van Solidariteit sê werknemers moet nie onder die redery se finansiële probleme ly nie. Mans sê die […]
# Maleisiese doeane-owerhede het by Kuala Lumpur se hooflughawe gevorderde kunsmatige-intelligensie-skyfies ter waarde van meer as 220-miljoen-rand gekonfiskeer. Dit volg terwyl ondersoekers ’n vermoedelike netwerk ondersoek wat hoëprestasie-halfgeleiers deur die land smokkel. Die dertig bediener-eenhede het gevorderde KI-skyfies bevat, en is tydens ’n inspeksie in die lughawe se vryehandelsone ontdek. Aanvanklike ondersoeke het getoon die […]
# Sakeliga het die Konstitusionele Hof genader om die vereiste vir skriftelike ooreenkomste by oordrag van residensiële eiendom te verdedig. Die organisasie wil as ‘n vriend van die hof by die saak aansluit, nadat die Hooggeregshof in Pretoria beslis het mondelinge ooreenkomste kan vir eiendomsoordrag wetlik bindend wees. Anton Meijer van Sakeliga voer aan skriftelike […]
# Sowat 200 passasiers op ’n residensiële passasierskip is in Kambodja gestrand nadat die operateur ‘n wêreldreis weens stygende brandstofkoste opgeskort het. Die Amerikaanse maatskappy Villa Vie Residences het passasiers versoek om die Odyssey te verlaat. Die skip het Vrydag by die hawe van Sihanoukville aangekom en sou na Vietnam voortgaan. Die skip reis sedert […]
# Business Leadership South Africa sê die land se vordering met hervorming het sy hoogste vlak bereik sedert monitering in Maart 2024 begin het. Die organisasie se jongste telling op die hervormingsmonitor het vir die tydperk Julie tot September tot 72,5 punte gestyg, vergeleke met 71,3 punte vir April tot Junie. Verbeterings is aangeteken in […]
# Die metaalwerkersvakbond NUMSA se hoofsekretaris, Irvin Jim, beweer daar is pogings om die vakbond onbestendig te maak voor sy twaalfde nasionale kongres. NUMSA se sentrale komitee het Jim, president Andrew Chirwa en ander nasionale leiers van hul bevoegdhede ontneem en beskuldig dat hulle versuim het om hul pligte na te kom. Die stap volg […]
# Die adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Zuko Godlimpi, pleit vir beter toegang tot finansiering vir kleinskaalse suikerrietboere. Hy het die regering, banke en rolspelers in die bedryf gevra om befondsingsmodelle te ontwikkel wat boere help om lenings, versekering en toerusting te bekom. Volgens Godlimpi moet bestaande befondsing beter gekoördineer word, eerder as om […]
# Die Nulane-korrupsiesaak is uitgestel tot 20 Januarie vir ‘n voorverhoor in die Hooggeregshof in Bloemfontein. Dit volg nadat die Appèlhof beslis het die onskuldigbevinding van die beskuldigdes moet omgekeer word. Dit sluit die sakeman Iqbal Sharma in. Kaizer Kganyago van die Nasionale Vervolgingsgesag sê hulle word daarvan aangekla dat hulle met ‘n gemeenskaplike doel […]
# Oudpresident Thabo Mbeki sê die uitkoms van die Amerikaanse middeltermynverkiesing kan ‘n aanduiding gee van die Kongres en Senaat se houding teenoor die Verenigde Nasies en internasionale reg. Hy het tydens die Afrika- en Afrika-diaspora-konferensie in Boksburg, Gauteng, gesê dit sal moontlik nie voldoen aan wêreld-verwagtinge nie en die huidige situasie kan onveranderd bly. […]