Skip to content

Canal + verloor R4-miljard van sy markwaarde na kommer oor MultiChoice-ooreenkoms

# Groupe Canal-Ploes het sedert Maart sowat vier-miljard-rand van sy markwaarde verloor weens beleggers se kommer oor sy verkryging van MultiChoice vir 52-miljard-rand. Die mediareus se aandeelprys het met meer as 32-persent gedaal nadat sy finansiële uitslae vir 2025 vrygestel is, ondanks ‘n toename van 28-persent in verdienste. Ontleders sê intense mededinging van stroomplatforms en sportuitsaaiers kortwiek sy groeivooruitsigte. Canal-Ploes het onlangs op die Johannesburgse Aandelebeurs genoteer as deel van die voorwaardes wat die Mededingingskommissie gestel het vir goedkeuring vir sy oorname van MultiChoice.