Skip to content

Byna R80-miljoen bestee aan deportasie van onwettige immigrante in 2024/2025

# Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê byna 80-miljoen-rand is in die 2024/2025-boekjaar bestee aan die deportasie van onwettige immigrante. Hy het dit bekendgemaak in antwoord op ʼn geskrewe parlementêre vraag van die Patriotic Alliance. Sedert die regering van nasionale eenheid net meer as ʼn jaar gelede ingestel is, het die departement meer as 51-duisend onwettige immigrante uit die land gesit. Minister Schreiber sê in die 2022/2023-boekjaar is meer as 32-miljoen-rand, en in 2023/2024 is meer as 67-miljoen-rand bestee om onwettige immigrante te deporteer.