# Byna een-miljoen graad 12-leerders het ‘n belofte onderteken om eerlikheid en integriteit tydens die 2026-matriekeksamens te handhaaf. Die Minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het leerders gewaarsku teen bedrog, die afskryf van antwoorde, die gebruik van ongemagtigde elektroniese toestelle en die verspreiding van uitgelekte eksamenvraestelle. Die matriekeksamens begin Maandag en duur tot 26 November. Die ministerie se woordvoerder, Terence Khala, het ‘n beroep op leerders gedoen om vermoedelike bedrog of uitgelekte vraestelle aan te meld. Khala het ouers en gemeenskappe aangemoedig om matrikulante te ondersteun:
Byna een-miljoen Graad 12 leerders onderteken belofte om eksamens se integriteit te handhaaf [KLANK]
ENG KhalaOnIntegrityPledge