# Business Leadership South Africa sê die land is op die rand van wydverspreide munisipale verval, en politici in plaaslike regering is ʼn groot oorsaak van die probleem. Die Nasionale Tesourie het besluit om 69 munisipaliteite se befondsing terug te hou weens finansiële wanbestuur. BLSA se hoof, Busisiwe Mavuso, sê munisipale verval, insluitend drie van Suid-Afrika se agt metro’s, weerspieël mislukte leierskap en aanspreeklikheid. Die metro’s is Johannesburg, Mangaung en Nelson Mandelabaai. Mavuso sê die munisipale krisis beklemtoon die dringende behoefte aan algemene munisipale hervorming.
BLSA sê Suid-Afrika kan nie mededingende ekonomie met vervalle munisipaliteite bou nie