# Business Leadership South Africa vra kiesers om beter dienslewering te eis in die munisipale verkiesing. Die organisasie sê munisipaliteite moet aanspreeklik gehou word vir basiese dienslewering, die instandhouding van infrastruktuur en die verantwoordelike bestuur van openbare geld. Die organisasie verwelkom die nuwe plaaslike regeringsbeleid wat wegbeweeg van ‘n eenvormige benadering tot munisipaliteite. Die uitvoerende hoof Busisiwe Mavuso sê bekwame en doeltreffende munisipale administrasie is noodsaaklik vir beleggings, werkskepping en ekonomiese groei.
Business Leadership SA vra kiesers om beter munisipale dienslewering te eis