# Business Leadership South Africa sê Operasie Vulindlela het tasbare sukses behaal in die hervorming van elektrisiteit en visums, maar die instelling van ander noodsaaklike hervormings verloop stadiger. Operasie Vulindlela is ʼn gesamentlike projek van die Presidensie en Nasionale Tesourie om strukturele hervormings te versnel en ekonomiese herstel te ondersteun. BLSA se uitvoerende hoof, Busiswe Mavuso, sê die totstandkoming van die ekonomiese reguleerder vir vervoer, en ontbondeling van Transnet se Nasionale Haweowerheid het tot stilstand gekom. Sy sê die belangrikste toets vir suksesvolle hervorming, is ekonomiese groei.