Skip to content

Business Leadership SA sê logistieke hervormings dra vrugte, maar die pas moet versnel

# Business Leadership South Africa sê hervorming van die logistieke sektor is van kritieke belang vir toekomstige ekonomiese sukses. Volgens die jongste data vir die 2025/26-boekjaar het die land se agt kommersiële hawens agt-duisend-630 skeepsaankomste aangeteken. Dit verteenwoordig ‘n toename van nege-persent vergeleke met die vorige boekjaar. BLSA se uitvoerende hoof, Busisiwe Mavuso, sê die spoed moet versnel, met die voltooiing van die Netwerkverklaring, meer hawe-konsessies wat afgehandel is, en die behoefte aan transaksie-voorwaardes wat werklik privaat belegging moontlik maak, eerder as om Transnet se monopolie te beskerm.