Skip to content

Business Leadership SA prys verhouding tussen regering en privaatsektor

# Business Leadership South Africa prys die verbetering in die verhouding tussen die regering en die privaatsektor. Die organisasie sê die verhouding het gevorder vanaf klagtes en beloftes na tasbare uitkomste. BLSA het die agterstand in visums wat uit die weg geruim is, uitgelig as een van die regering se prestasies. BLSA het ook vir Transnet geprys nadat privaat ondernemings uitgenooi is om hawe- en spoorweg-deurgange te bedryf. Die organisasie sê hierdie ontwikkelings verteenwoordig belangrike verskuiwings in hoe die regering te werk gaan.