Skip to content

Burnham sê Oekraïne kan so lank as nodig op Brittanje se ondersteuning staatmaak [KLANK]

# Die Britse eerste minister, Andy Burnham, sê hulle sal nie terugstaan voor ʼn blywende en regverdige vrede in Oekraïne bereik word nie. Hy het die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, gister by die Portsmouth-vlootbasis ontvang. Die twee leiers het met meer as 200 Oekraïnse militêre personeel vergader wat deel was van ʼn vloot-veiligheidsoperasie in Brittanje. Burnham sê Brittanje sal die intellektuele eiendom agter sy nuwe “Stone Cloak” elektroniese stelsel aan Oekraïne beskikbaar stel wat Russiese lugafweer kan blokkeer en verhoed dat hommeltuie opgespoor word:

ENG BurnhamOnUkraine