# Tshwane se burgemeester, Nasiphi Moya, sê ʼn burgemeesters-subkomitee is gevestig om ʼn standaard en regverdige benadering op te stel om onwettige ontwikkelings te bekamp. Die metro het 17 onwettige townships binne sy grense geïdentifiseer. Moya sê die ontwikkelings waarvan sommige op munisipale en ander op privaat grond is, is ʼn humanitêre en regsbedreiging vir die metro se vermoë om betroubare dienste aan inwoners te bied. Sy sê die persone wat verantwoordelik is vir hierdie onwettige nedersettings, het nie die regsraamwerk gevolg wat die stigting van townships beheer nie.
Burgemeesters-subkomitee gestig om standaard te stel vir Tshwane se benadering tot onwettige townships