Skip to content

Burgemeester van Johannesburg prys die werk van die “bomeenheid”-span

# Die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, het sy sogenaamde “bomeenheid”-span geprys en gesê dit het die metro se vinnigste werkende meganisme geword, wat die tyd tussen voorvalrapportering en finale oplossing verminder. Die “bomeenheid” is bekendgestel as deel van ‘n omkeerstrategie, wat fokus op kwessies soos grondbesetting, onwettige migrante en slaggate. Morero sê sedert Junie het die span ‘n oplossingskoers van 86-persent oor 42 groot aanmeldings behaal en 724 diensgevalle afgehandel. Hy sê die span se resultate is in alle streke sigbaar.