# Die burgemeester van die Stad Ekurhuleni, Nkosindiphile Xhakaza, het hulde gebring aan die stad se hoof van Korporatiewe en Forensiese Oudits, Mpho Mafole, wat Maandag op die R23 in Kempton Park doodgeskiet is. Xhakaza het Mafole beskryf as ‘n vreeslose kampvegter vir etiese regering. Hy sê die moord, te midde van ‘n rits aanvalle op teen-korrupsie amptenare, is ‘n bedreiging vir die stad se hernuwingsagenda. Die burgemeester moedig die polisie en staatsekerheid aan om dringend op te tree en die vinnige inhegtenisname van die moordenaars te bewerkstellig.