Skip to content

Buitelandse burger op Beitbrug-grenspos vasgetrek vir beweerde smokkel van sigarette van R2-miljoen

# Die polisie in Limpopo het ‘n buitelandse burger by die Beitbrug-grenspos gearresteer vir die beweerde smokkel van onwettige sigarette ter waarde van meer as twee-miljoen-rand. Die polisie het tydens ‘n roetine-ondersoek afgekom op 460 bokse Remington Gold-sigarette wat in ‘n vragmotor versteek was. Die bestuurder het aanvanklik beweer die vragmotor is leeg. Die polisiewoordvoerder, Malesela Ledwaba, sê die verdagte word aangekla van smokkelary en sal Maandag in die hof verskyn.