# Die KwaZulu-Natalse polisie het bevestig ‘n 29-jarige buitelandse burger is gister dood in ‘n vermoedelike xenofobiese aanval in die Joe Jika informele nedersetting in Pietermaritzburg. ‘n Polisiewoordvoerder, Robert Netshiunda, sê ‘n groep mense het die slagoffer na bewering by Sable Flats Manor aangeval, maar die persoon het ontsnap en na die informele nedersetting gevlug. Hy sê die slagoffer het in ‘n rivier beland en is later op die rivierbodem gevind met ernstige kopbeserings. Die omstandighede wat tot die voorval gelei het word tans ondersoek.
Buitelander sterf in vermoedelik xenofobiese aanval in Pietermaritzburg