Skip to content

Buffett gaan as uitvoerende hoof van Berkshire bedank ná 60 jaar aan stuur

# Warren Buffett beëindig sy loopbaan as moontlik die wêreld se bekendste en mees gerespekteerde belegger. Hy het aangekondig dat hy einde vanjaar as uitvoerende hoof van Berkshire Hathaway sal bedank en die leisels aan die ondervoorsitter, Greg Abel, sal oorhandig. Die skuif beteken die einde van ‘n era vir Berkshire ná Buffett se buitengewone 60 jaar aan die stuur waarin hy ‘n huishoudelike naam, ‘n multibiljoenêr en ‘n Amerikaanse suksesverhaal geword het. Buffett het Berkshire-Hathaway omskep van ‘n mislukte tekstielmaatskappy tot ‘n konglomeraat van een-komma-16-duisend-miljard dollar met besighede regdeur die Amerikaanse ekonomie.