Skip to content

Bruid op troudag doodgeskiet in suide van Frankryk

# ‘n Bruid is op haar troudag doodgeskiet in die dorp Gould naby die suidelike Franse stad Avignon. Sy en haar nuwe man is geteiken deur gewapende aanvallers met kappiebaadjies. Die egpaar het die onthaal saam met ‘n 13-jarige kind in ‘n motor verlaat toe skote op hulle geskiet is. Een van die aanvallers is dood toe die bruidspaar se motor hom getref het toe hulle probeer wegkom het. Die Franse koerant Le Figaro sê aanklaers ondersoek klagtes van moord en poging tot moord.