# Die Stad Tshwane sê hy gaan van vandag tot volgende Vrydag die Bronkhorstspruit-waterbehandelingsaanleg tydelik sluit. Dit is om nuwe panele vir hoëdruk-pompmotors te installeer. Die metro se woordvoerder, Lindela Mashego, sê die panele is noodsaaklik vir die doeltreffende en betroubare bedryf van die hoëdrukpompe, wat op hulle beurt noodsaaklik is vir waterlewering aan eindgebruikers. Hy sê die noodsaaklike opgradering is bedoel om die werkverrigting van die pompe by die aanleg te verbeter:
Bronkhorstspruit-watersuiweringsaanleg word vandag tydelik gesluit [KLANK]
ENG LindelaonTreatmentPlant