# Die Britse regering vra ʼn ondersoek nadat die Israelse weermag waarskuwingskote afgevuur toe diplomate Jenin in die Wesoewer besoek het. Die afvaardiging het bestaan uit ambassadeurs en diplomate van 31 lande, insluitend Italië, Kanada, Egipte, Jordanië, Brittanje, China en Rusland. Die IDF sê hulle het waarskuwingskote gevuur nadat die diplomate tydens ʼn besoek afgewyk het van ʼn goedgekeurde roete in die stad. Die Britse minister van Buitelandse Sake, Hamish Falconer, sê burgerlikes moet altyd beskerm word en diplomate moet toegelaat word om hul werk te doen.
Brittanje vra ondersoek nadat Israelse soldate waarskuwingskote tydens diplomate se besoek afvuur