Skip to content

Brittanje stel gratis digitale ID bekend om onwettige migrasie te bekamp

# Die Britse eerste minister Keir Starmer het planne aangekondig om ‘n gratis digitale ID vir burgers en mense wat in die land woon, in te stel in ‘n poging om onwettige migrasie te bekamp. Die regering sê dit sal makliker wees om aansoek te doen vir dienste soos rybewyse, kinderversorging en welsyn. Die nuwe digitale ID sal op mense se fone gestoor word en dit sal nie vir hulle nodig wees om hulle ID saam te dra of te vertoon nie. Dit sal egter verpligtend wees as ‘n manier om te bewys dat jy mag werk.