# Brittanje se uitvoere van plastiekafval na ontwikkelende lande het in die eerste helfte van hierdie jaar met 84-persent gestyg vergeleke met verlede jaar. Dit is volgens data van die Last Beach Cleanup. Die toename in uitvoere was hoofsaaklik na Indonesië en Maleisië. Die persentasie Britse plastiekafval wat direk na lande wat nie binne die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling is nie, was 20-persent van die totale plastiekafvaluitvoere vanjaar. Die VK is een van die top drie lande wat plastiekafval uitvoer – sowat 600-duisend ton per jaar.
Brittanje se plastiekafval-uitvoere na ontwikkelende lande styg skerp met 84% in 2025