Skip to content

Brittanje sê hy sal nie betrokke raak by die Amerikaanse blokkade van die Straat van Hormoes nie

# Die Britse regering sê hy sal nie betrokke raak by ‘n blokkade van die Straat van Hormoes nie. Dit volg nadat president Donald Trump gesê het dat die Amerikaanse vloot die noodsaaklike skeepsroete sal blokkeer, en elke vaartuig in internasionale waters wat ‘n tol aan Iran betaal het, sal verbied. Brittanje sê hy werk dringend saam met Frankryk en ander vennote om ‘n wye koalisie saam te stel om die vryheid van navigasie te beskerm. Hy sê die heropening van die Straat is dringend nodig om die wêreldekonomie te ondersteun.