# Die leiers van Brittanje, Frankryk, Duitsland en Italië het die ooreenkoms tussen Amerika en Iran verwelkom en bestempel as ‘n geleentheid om streeksbestendigheid en die globale ekonomie te herstel. Die ooreenkoms behels die beëindiging van militêre optrede op alle fronte, insluitend in Libanon, die opheffing van die Amerikaanse Vlootversperring binne 30-dae en die heropening van die Seestraat van Hormoes. Die groep, bekend as die E-vier, sê in ‘n gesamentlike verklaring hulle berei voor om sanksies teen Iran op te hef in ruil vir duidelike, bewese stappe oor sy kernprogram.
Brittanje, Frankryk, Duitsland en Italië is gereed om sanksies teen Iran op te hef