# Die Britse premier Keir Starmer waarsku dat die volgende vier jaar ‘n stryd om die siel van die land teen die verregse Reform UK-party sal wees. Volgens Ipsos, ‘n toonaangewende meningspeiler, sê slegs 13-persent van kiesers dat hulle tevrede is met Starmer sedert hy 15 maande gelede in die amp ingesweer is, terwyl 79 persent ontevrede is. In ‘n toespraak by die Arbeidersparty-konferensie op Dinsdag het Starmer verklaar dat Brittanje by ‘n kruispad is en gesê dat mense ‘n keuse het om hernuwing of agteruitgang te kies:
Britse eerste minister sit sy visie vir nasionale hernuwing uiteen [KLANK]
ENG StarmerOnRenewal