Skip to content

Britse eerste minister sê vandag se beplande pro-Palestynse betoging is oneerbiedig

# Die Britse eerste minister Keir Starmer het studente versoek om die beplande pro-Palestynse betoging vir die tweede herdenking van Hamas se aanval in Israel op 7 Oktober 2023 te laat vaar, en noem dit oneerbiedig. Studente van verskeie Londense universiteite sou vanmiddag by hul klasse uitgestap het om na die middestad van die Britse hoofstad op te ruk. Verdere betogings of geleenthede soos nagwake, is ook in ander Britse stede beplan, waaronder Edinburgh, Glasgow, Sheffield en Manchester, waar twee mense Donderdag dood is in ‘n aanval voor ‘n sinagoge.