Skip to content

Brasiliaanse president sê Israel pleeg ‘volksmoord met voorbedagte rade’

# Die Brasiliaanse president, Luiz Inacio Lula da Silva, beskuldig Israel van volksmoord met voorbedagte rade in Gaza. Hy het tydens ‘n gesamentlike nuuskonferensie met die Franse president Emmanuel Macron in Parys gesê dit wat in die besette Palestynse gebied gebeur, is nie ‘n oorlog nie. Hy noem dit ‘n volksmoord wat deur ‘n hoogs voorbereide weermag teen vroue en kinders gevoer word. Die Franse president het gesê die volgende paar dae sal deurslaggewend wees in die beëindiging van die konflik. Macron sê hy sal, in samewerking met Amerika, meer druk uitoefen om ‘n wapenstilstand te bewerkstellig.