Skip to content

Brasiliaanse polisie fnuik ‘n beplande bomaanval by Lady Gaga se konsert

# Die Brasiliaanse polisie sê hulle het daarin geslaag om ‘n beplande bomaanval by Lady Gaga se gratis vertoning op Rio de Janeiro se Copacabana-strand te fnuik. Meer as twee-miljoen mense het die konsert bygewoon. Die polisie in Rio de Janeiro sê die komplot is gesmee deur ‘n groep wat haatspraak en die radikalisering van tieners bevorder, insluitend selfbesering en gewelddadige inhoud as ‘n vorm van sosiale aanvaarding. Hy sê verdagtes het deelnemers gewerf om aanvalle met saamgestelde ploftoestelle uit te voer. Die vermeende meesterbrein is in hegtenis geneem.